Community, Development|

Verklaring deur Gesie van Deventer – Uitvoerende Burgemeester


As plaaslike regering is ons deeglik bewus van die swaar ekonomiese omstandighede waaronder baie van ons inwoners gebuk gaan en die impak wat ‘n verhoging in tariewe op mense het. Ongelukkig het die munisipaliteit nie baie sê in die verhoging van elektrisiteitstariewe nie, aangesien die voorgestelde verhogings deur NERSA en ESKOM bepaal en goedgekeur word.


As Munisipaliteit word alle elektrisiteit in grootmaat by ESKOM aangekoop. Daarom is ons onderhewig aan die aanbevelings van NERSA en ESKOM en moet die tariewe vasgestel word in lyn met hulle aanbevelings. Met die voortgeslepe voorsieningkrisis wat die land in beurtkrag gedompel het, het ESKOM en NERSA ʼn 15,63% verhoging aangekondig op grootmaat verkope aan munisipaliteite. Om inwoners by te staan, het die Munisipaliteit soveel as moontlik van die NERSA verhoging geabsorbeer (2,56%) en sal tariewe met slegs 13,07% verhoog word in stede van die voorgestelde 15,63%.


Ons is bewus daarvan dat valse beweringe op sosiale media versprei word, onder meer dat munisipaliteite self die kragtariewe bepaal. Dit is egter nie waar nie, en alle elektrisiteitstariewe is onderworpe aan die goedkeuring en instruksie van NERSA en ESKOM.


Inwoners word steeds aangemoedig om elektrisiteit spaarsamig te gebruik. Stellenbosch Munisipaliteit het ook ‘n verordening vroeër vanjaar goedgekeur wat voorsiening maak vir die opwekking van eie elektrisiteit deur inwoners, en die terugvoer daarvan in die netwerk. Dit maak ons een van die min munisipaliteite in die land wat inwoners so tegemoet kom.

Media queries:

Stuart Grobbelaar T: 021 808 8172 | C: 084 036 1395

Mart-Marié Haasbroek T: 021 808 8024 | C: 072 910 3724

Comments are closed.

Close Search Window