Statement by Executive Mayor Jeremy Fasser
Stellenbosch – 3 September 2025

As the Executive Mayor of Stellenbosch, I have conducted a preliminary investigation into the allegation of constructive dismissal, bullying or any other infringement on workplace rights that surfaced on the recent circulation of a video recording made in 2023.
I believe there is enough reason to institute an internal investigation into these allegations and as such I am convening a special council meeting later this week to start the process. I will also be reviewing the Recruitment and Selection Policy of the Municipality to ensure that there are no loopholes to allow race based bullying and constructive dismissal to occur.
Much has been said online and in the media regarding the video and its contents, and it is crucial to establish all the facts and reach a determination based on all available information. As the leadership of Stellenbosch, we must establish the facts of this matter and to ensure the appropriate processes are followed.
Race based bullying, or bullying of any kind, has no place in any workplace. The constitutional values of fairness and dignity must be upheld and all appointments should be based on merit and competence.
We will never condone the behaviour at the heart of these allegations and we are committed to building a South Africa free from any forms of discrimination and racial bias.
Afrikaans:
As die Uitvoerende Burgemeester van Stellenbosch, het ek ’n voorlopige ondersoek ingestel na die bewering van konstruktiewe ontslag, boeliegedrag of enige ander skending van werksplekregte wat na vore gekom het met die onlangse verspreiding van beeldmateriaal wat in 2023 gemaak is.
Ek glo daar is genoeg rede om ’n interne ondersoek na hierdie bewerings in te stel en daarom roep ek later hierdie week ’n spesiale raadsvergadering byeen om die proses te begin. Ek sal ook die Munisipaliteit se Werwing- en Seleksiebeleid hersien om te verseker dat daar geen ruimte bestaan wat rassegebaseerde boeliegedrag of konstruktiewe ontslag kan toelaat nie.
Daar is reeds baie aanlyn en in die media gesê oor die video en die inhoud daarvan en dit is noodsaaklik om al die feite vas te stel en ’n besluit te neem op grond van alle beskikbare inligting. As die leierskap van Stellenbosch moet ons die feite in hierdie aangeleentheid vasstel en verseker dat die toepaslike prosesse gevolg word.
Rassegebaseerde boeliegedrag, of boeliegedrag van enige aard, het geen plek in enige werksplek nie. Die grondwetlike waardes van billikheid en waardigheid moet gehandhaaf word en alle aanstellings behoort gebaseer te wees op meriete en bevoegdheid.
Ons sal nooit die gedrag wat die kern van hierdie bewerings vorm goedkeur nie. Ons is daartoe verbind om ’n Suid-Afrika te bou wat vry is van enige vorm van diskriminasie en rassevooroordeel.
