Community, Development, Town News|

Verklaring deur Adv. Gesie van Deventer

Uitvoerende Burgemeester van Stellenbosch Munisipaliteit

17 November 2020

Franschhoek het die pas afgelope naweek ‘n vroeë Kersgeskenk ontvang in die vorm van ‘n fantastiese nuwe markspasie vir informele handelaars. 

Daar word reeds vir  meer as 15 jaar handel gedryf langs die munisipale kantore in Franschhoek.  ‘n Netjiese perseel is egter  noodsaaklik vir goeie besigheid en daarom het ons in 2017 besluit om die bestaande perseel op te gradeer. Konstruksie het in Junie 2018 begin en dit is binne 18 maande voltooi.  Die koste van die projek het R2,2 miljoen beloop.

Die toekenning van stalletjies binne die markspasie is gedoen volgens die munisipaliteit se informele handelaarsbeleid. Die spasies is geadverteer en ‘n keuringsproses is gevolg vir alle aansoekers wat die spasie wil gebruik om seker te maak ons skep ‘n volhoubare besigheidsomgewing in lyn met ons ekonomiese ontwikkelingsbeleid. 

Die beleid vereis dat al die handelaars onderworpe is aan die reëls en regulasies sodat almal ‘n gelyke en regverdige kans kry om besigheid te doen by die mark. Voorkeur word gegee aan inwoners van Franschhoek, handelaars wat net in Franschhoek besigheid doen en die volhoubaarheid van die produkte en ware word ook in ag geneem.  

Die nuwe markspasie skep ‘n veiliger en aangename omgewing vir handelaars en besoekers. Ons onderneem ook om op die lang termyn hierdie handelaars by te staan met sakeopleiding en so volhoubare besigheidspraktyke en kennis aan die gemeenskap oor te dra. 

Verskeie spasies is reeds toegeken aan plaaslike handelaars op ‘n kontrak basis, en die verskeidenheid van pragtige handelsware is besonders. Gaan besoek gerus die mark en doen sommer u kersinkopies daar!

Foto: Me Tarauai en Burgemeester van Deventer vier die opening van die mark in een van die nuwe uitstalspasies. 

Media queries:

Stuart Grobbelaar T: 021 808 8172 | C: 084 036 1395

Mart-Marié Haasbroek T: 021 808 8024 | C: 072 910 3724

Comments are closed.

Close Search Window