Community, Development|

Verklaring deur Burgemeester Gesie van Deventer


Die La Motte gemeenskap, net buite Franschhoek, het die wonderlike kersgeskenk ontvang van ‘n nuut opgeknapte gemeenskapsaal. Die bestaande saal moes twee jaar gelede gesluit word omdat die gebruik daarvan onveilig was. Na baie harde werk, is die La Motte Gemeenskapsaal ten volle gerestoureer en is dit nou die trots van die klein bosbou gemeenskap.


Die totale opgradering van die saal het ongeveer R2,5 miljoen beloop en moes in fases geskiet soos die begroting dit toegelaat het. Met die opgradering is daar na al die fasette van die gebou gekyk om seker te maak ons skep iets vir die gemeenskap wat veilig is en lank gaan hou. Daar is aandag gegee aan hoe die gebou binne en buite lyk. Nuwe nooduitgangsdeure is geïnstalleer en die hele gebou binne is uitgeverf met ‘n spesiale brandwerende verf. Met die opgradering van die tweede vloer, is daar ook ‘n nuwe stel trappe geïnstalleer. Nuwe LED ligte is geïnstalleer, nuwe gordyne vir die verhoog is aangeskaf en die elektriese bedrading is opgedateer. Nuwe tekens is aangebring en die vloere is als afgeskuur en gepoleer. Dit is ‘n waarlik ‘n gemeenskap saal om op trots te wees!


Die opgradering van die saal het gepaard gegaan met die installering van ‘n splinternuwe buitelug gimnasium, ‘n veilige speelparkie vir kinders en die plant van ‘n aantal bome om die saal. Die saal en aangrensede parkie vorm nou ‘n pragtige nuwe bymekaarkomplek waarop die La Motte gemeenskap trots kan wees.


Tydens die heropeningsgeleentheid het Burgemeester van Deventer die gemeenskap gevra om hierdie saal goed op te pas en vandalisme onmiddellik te rapporteer. “ ‘n Gemeenskapsaal vorm die hart van ‘n gemeenskap en word gebruik vir elke moontlike geleentheid. Ek doen ‘n ernstige beroep op die gemeenskap om eienaarskap te neem van die gebou en dit op te pas en mooi daarna te kyk. Dit is ook nie die laaste projek vir die gemeenskap nie. Vroeg in 2020 gaan ons begin met die konstruksie van die nuwe sportklubhuis waarvoor ons R4 miljoen begroot het.”

VOOR OPGRADERINGS

NA OPGRADERINGS

Media queries:

Stuart Grobbelaar T: 021 808 8172 | C: 084 036 1395

Mart-Marié Haasbroek T: 021 808 8024 | C: 072 910 3724

Comments are closed.

Close Search Window